Desember 2021

Die wysiging van artikel 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding van privaat eiendom toe te laat, is nie deur die Nasionale Vergadering goedgekeur nie. Die ANC het nie die vereiste tweederdemeerderheid behaal wat hul benodig het nie. 204 LP’s het ten gunste van die wetsontwerp gestem en 145 daarteen met geen persoon wat buite stemming gebly het nie. ’n Totale 267 stemme is benodig vir ’n tweederdemeerderheid.

Similar Posts

  • Augustus 2018

    ’n Interne besprekingsdokument van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming (DLOGH) is deur ’n agtenswaardige bron aan AfriForum verskaf. Die dokument bevat ’n lys van 139 eiendomme wat vir onteiening geoormerk is. Die openbaarmaking van die dokument is voorafgegaan deur bevestiging van Zizi Kodwa, Hoof van die Presidensie, asook ander lede van die ANC…

  • Julie 2018

    Die Gesamentlike Konstitusionele Hersieningskomitee het openbare verhore gehou in alle provinsies van Suid-Afrika. Die doel van hierdie uitgebreide verhore was om openbare insette te kry op die wysiging van artikel 25 van die Grondwet.

  • Januarie 2022

    President Ramaphosa meld dat die ANC beplan om voort te gaan met sy planne om grondonteiening sonder vergoeding in 2022 bekend te stel. Ramaphosa sê: “Die ANC sal sy besluit oor die onteiening van grond sonder vergoeding implementeer ten spyte van die weiering van ander partye in die Parlement.”

  • Desember 2021

    Minister van Justisie, Ronald Lamola, sê: “Om die Grondwet te verander was net een van die instrumente wat ons kon gebruik het. Die saak is nou klaar. Ons sal nou ons eie meerderheid gebruik om die wette goed te keur wat onteiening sonder vergoeding sal toelaat.”

  • Desember 2017

    Die regering gelei deur die ANC het by hul 54ste Nasionale Konferensie aangekondig dat hul sal poog om artikel 25 van die Grondwet van Suid-Afrika rakende eiendomsreg te wysig om grondonteiening sonder vergoeding te implementeer.