Desember 2021

Die wysiging van artikel 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding van privaat eiendom toe te laat, is nie deur die Nasionale Vergadering goedgekeur nie. Die ANC het nie die vereiste tweederdemeerderheid behaal wat hul benodig het nie. 204 LP’s het ten gunste van die wetsontwerp gestem en 145 daarteen met geen persoon wat buite stemming gebly het nie. ’n Totale 267 stemme is benodig vir ’n tweederdemeerderheid.

Similar Posts

  • Maart 2021

    Mondelinge voorleggings word ingedien by die Ad Hoc-komitee oor die wysiging van artikel 25, met betrekking tot die wysiging van artikel 25 van die Grondwet, asook aan die Parlementêre Portefeuljekomitee op Openbare Werke en Infrastruktuur rakende die Onteieningswetsontwerp B 23-2020. Post Views: 1,257

  • Julie 2018

    Die Gesamentlike Konstitusionele Hersieningskomitee het openbare verhore gehou in alle provinsies van Suid-Afrika. Die doel van hierdie uitgebreide verhore was om openbare insette te kry op die wysiging van artikel 25 van die Grondwet. Post Views: 1,228

  • Oktober 2020

    Die Onteieningswetsontwerp van 2020 is gepubliseer, in die Staatskoerant geplaas en bekendgestel as deel van die parlementêre proses in die Nasionale Vergadering. Volgens die wetsontwerp is onteiening ’n “verpligte verkryging van eiendom deur ’n onteieningsowerheid” wat beteken enige staatsinstelling of -departement kan privaat eiendom onteien. Die wetsontwerp maak die onteiening van enige “eiendom” moontlik en…