|

AfriForum verwelkom Konstitusionele Hof se uitspraak dat Zuma onregmatig opgetree het deur mee te doen aan opskorting van SAOG-tribunaal

Die Konstitusionele Hof het vandag in ʼn groep Zimbabwiese boere wat deur AfriForum bygestaan is, se guns beslis dat oudpresident Jacob Zuma onregmatig en onkonstitusioneel opgetree het toe hy saam met ander leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) meegedoen het aan die opskorting en ontbinding van die SAOG-tribunaal se werksaamhede. Zuma se onregmatige optrede het…

|

AfriForum loods internasionale versoekskrif teen eiendomsregbedreiging in Suid-Afrika

Die burgerregte-organisasie AfriForum loods vandag ’n webtuiste waar lede van die publiek ’n versoekskrif wat ten doel het om regerings en buitelandse beleggers aan te moedig om druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om nie met onteiening sonder vergoeding voort te gaan nie, kan ondersteun. Hierdie aksie spruit uit die onlangse goedkeuring van ’n…

|

AfriForum verskerp internasionale veldtog ten spyte van Sisulu-kritiek

AfriForum sit sy veldtog voort om internasionale regerings in te lig oor die eiendomsbedreiging en plaasmoorde in Suid-Afrika, ondanks die kritiek wat Lindiwe Sisulu, die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, teenoor dié organisasie uitgespreek het. AfriForum het Sisulu se bewerings dat die burgerregte-organisasie verkeerde inligting versprei en paniek saai, verwerp. Volgens Alana Bailey, adjunk…

|

AfriForum sê feite toon dat die miskenning van eiendomsreg en plaasmoorde wel ‘n ernstige bedreiging in Suid-Afrika is

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria aangevoer dat die inligting wat dié organisasie tans in die internasionale gemeenskap rakende onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde versprei, gegrond is op feite wat bevestig dat daar wél ‘n ernstige bedreiging van eiendomsreg en menselewens in Suid-Afrika bestaan. Hierdie bedreiging geld veral vir minderheidsgemeenskappe in die algemeen en…

|

AfriForum kap Sisulu met feite ná beskuldigings van leuens

Terwyl Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, en haar departement AfriForum verlede week daarvan beskuldig het dat die organisasie vals inligting versprei en internasionaal paniek saai, is feite vandag op ’n nuuskonferensie voorgehou oor wat die ware toedrag van sake in die land is. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, die organisasie se…

|

AfriForum se reaksie op Ramaphosa-standpunt rakende mobilisering van buitelandse steun

AfriForum sê in reaksie op president Ramaphosa se stelling dat diegene wat die internasionale gemeenskap teen die “land” mobiliseer, “huis toe moet kom vir gesprekvoering”, dat die president nie Suid-Afrika se belange en die ANC se beleidsrigtings met mekaar moet verwar nie. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is dié organisasie tans in die…

|

AfriForum gaan na parlement om wysiging van Grondwet teen te staan

AfriForum gaan eerskomende Dinsdag ’n voorlegging by die parlement se grondwetlike hersieningskomitee indien wat vroeër die mandaat gegee is om te ondersoek of die Grondwet gewysig moet word om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Die burgerregte-organisasie wat meer as 200 000 Suid-Afrikaners verteenwoordig, se fokus is op die beskerming van minderheidsregte. Die organisasie beklemtoon…

|

Malema hits grondbesetting aan ondanks hofverskyning

Julius Malema, leier van die EFF, het vandeesweek te midde van sy hofverskyning in Newcastle voortgegaan om ondersteuners buite die hof aan te moedig om grond te beset. Malema het op aanklagte van die oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste van 1956 verskyn. Dit spruit uit ’n voorval waar hy ondersteuners aangehits het om…

|

Ramaphosa moet IMF-waarskuwing oor eiendomsreg ernstig opneem

Die burgerregte-organisasie AfriForum meen dat pres. Cyril Ramaphosa, die regering en die regerende ANC ernstige nabetragting moet doen oor hul beleidsposisies met betrekking tot die onteiening van privaat eiendom, veral in die lig van die waarskuwing wat die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) gister in hierdie verband uitgereik het. Die IMF het verklaar dat hy optimisties…

|

Gebruik van regte wette noodsaaklik vir suksesvolle uitsettings tydens grondgrype

Grondgrype, onwettige grondbesettings en voorstelle om artikel 25 van die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, is aan die orde van die dag. Boere en eienaars van landbougrond veral, is bekommerd oor die toename in grondgrype en besettings wat die afgelope maande duidelik toegeneem het. In die lig van hierdie dreigende…

End of content

End of content