|

AfriForum begin veldtog teen onteieningswetsontwerp

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n veldtog van stapel gestuur waarvolgens die publiek betrek word om standpunt teen die konsepwetsontwerp op onteiening in te neem. Dit volg nadat Thulas Nxesi, minister van openbare werke, op 21 Desember 2018 dié konsepwetsontwerp in die Staatskoerant gepubliseer het en ingevolge wetgewing die publiek genooi het om binne sestig dae daarop…

|

AfriForum stuur plaasaanvalslagoffers na VSA ná bedrieglike Ramaphosa-uitlating

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag aangekondig dat hy slagoffers wie se geliefdes tydens plaasaanvalle vermoor is na die VSA sal stuur in ’n volgende fase van AfriForum se bewusmakingsveldtog teen plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding. Die organisasie is ook van voorneme om ’n bekendstelling van die boek Kill the Boer* deur Ernst Roets, adjunk- uitvoerende…

|

COPE, AfriForum oorhandig memorandum aan VSA-ambassade; versoek VSA om druk toe te pas om Grondwet, eiendomsreg en 1994-skikking te beskerm

COPE en AfriForum het vandag ’n gesamentlike memorandum aan die VSA-ambassade in Suid-Afrika oorhandig waarin die VSA amptelik versoek word om druk op die Suid-Afrikaanse regering toe te pas om die Grondwet, eiendomsreg en die 1994-skikking te beskerm. Dié memorandum is vandag oorhandig tydens ’n vergadering wat Mosiuoa Lekota, COPE-leier, en Kallie Kriel, uitvoerende hoof…

|

Eiendomsreghofuitspraak: “Dis nie einde, maar begin van stryd,” sê AfriForum

Die hoë hof in Kaapstad se beslissing dat AfriForum se hofaansoek ter hersiening van die verslag van die parlement se grondwetlike hersieningskomitee – wat aanbeveel dat die Grondwet gewysig moet word om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak – nie dringend is nie, is volgens AfriForum nie die einde van die organisasie se stryd ter…

|

AfriForum verwelkom Konstitusionele Hof se uitspraak dat Zuma onregmatig opgetree het deur mee te doen aan opskorting van SAOG-tribunaal

Die Konstitusionele Hof het vandag in ʼn groep Zimbabwiese boere wat deur AfriForum bygestaan is, se guns beslis dat oudpresident Jacob Zuma onregmatig en onkonstitusioneel opgetree het toe hy saam met ander leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) meegedoen het aan die opskorting en ontbinding van die SAOG-tribunaal se werksaamhede. Zuma se onregmatige optrede het…

|

Zimbabwiese boere eis miljarde in skadevergoeding van SA-regering

Altesaam 25 boere en boerderymaatskappye uit Zimbabwe het pas met die ondersteuning van AfriForum ’n dagvaarding teen die Suid-Afrikaanse regering en die president uitgereik vir skadevergoeding van nagenoeg R2 miljard. Dié boere het skade gely weens die Suid-Afrikaanse regering se medepligtigheid aan die ontbinding van die tribunaal van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) enkele jare gelede….

|

AfriForum in VSA ter bewusmaking van onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde

Afgevaardigdes van AfriForum het vandeesweek na die Verenigde State van Amerika (VSA) gevlieg as deel van die burgerregte-organisasie se veldtog om steun in die buiteland te werf asook bewusmaking rakende grondonteiening sonder vergoeding en die prioritisering van plaasmoorde te bevorder. Onder die afgevaardigdes is Ernst Roets, AfriForum se adjunk- uitvoerende hoof, Marina Wiese, AfriForum se…

|

AfriForum werf steun in VSA teen onteiening en plaasmoorde

Die burgerregte-organisasie AfriForum het die afgelope week in Washington, D.C. groot vordering gemaak met sy inisiatief om buitelandse steun te werf vir sy veldtogte met betrekking tot die beskerming van eiendomsreg en die prioritisering van ’n aksieplan teen plaasmoorde. As deel van hierdie skakeltoer het AfriForum ’n vergadering met ’n afvaardiging van die Amerikaanse regering…

|

AfriForum gaan internasionale gemeenskap oor eiendomsregbedreiging in Suid-Afrika waarsku

Die burgerregte-organisasie AfriForum gaan ’n omvattende internasionale veldtog van stapel stuur om regerings wêreldwyd en buitelandse beleggers in te lig dat eiendomsreg in Suid-Afrika bedreig word en dat buitelandse beleggings in Suid-Afrika ook nie veilig sal wees nie sou planne vir die onteiening van eiendom sonder vergoeding deurgevoer word. AfriForum se veldtog volg in reaksie…

|

AfriForum loods internasionale versoekskrif teen eiendomsregbedreiging in Suid-Afrika

Die burgerregte-organisasie AfriForum loods vandag ’n webtuiste waar lede van die publiek ’n versoekskrif wat ten doel het om regerings en buitelandse beleggers aan te moedig om druk op die Suid-Afrikaanse regering te plaas om nie met onteiening sonder vergoeding voort te gaan nie, kan ondersteun. Hierdie aksie spruit uit die onlangse goedkeuring van ’n…

End of content

End of content