Desember 2021

Minister van Justisie, Ronald Lamola, sê: “Om die Grondwet te verander was net een van die instrumente wat ons kon gebruik het. Die saak is nou klaar. Ons sal nou ons eie meerderheid gebruik om die wette goed te keur wat onteiening sonder vergoeding sal toelaat.”

Similar Posts

  • Desember 2017

    Die regering gelei deur die ANC het by hul 54ste Nasionale Konferensie aangekondig dat hul sal poog om artikel 25 van die Grondwet van Suid-Afrika rakende eiendomsreg te wysig om grondonteiening sonder vergoeding te implementeer. Post Views: 1,779

  • Desember 2021

    Die wysiging van artikel 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding van privaat eiendom toe te laat, is nie deur die Nasionale Vergadering goedgekeur nie. Die ANC het nie die vereiste tweederdemeerderheid behaal wat hul benodig het nie. 204 LP’s het ten gunste van die wetsontwerp gestem en 145 daarteen met geen persoon wat…

  • Julie 2018

    Die Gesamentlike Konstitusionele Hersieningskomitee het openbare verhore gehou in alle provinsies van Suid-Afrika. Die doel van hierdie uitgebreide verhore was om openbare insette te kry op die wysiging van artikel 25 van die Grondwet. Post Views: 1,228

  • Julie 2019

    Die Nasionale Vergadering het ’n Ad hoc-komitee gestig kragtens Reël 253 om: (1) wetgewing in te stel en in te dien wat artikel 25 van die Grondwet wysig en (b) Te let op die werk wat gedoen is en aanbevelings wat gemaak is, soos vervat in die verslae van die Konstitusionele Hersieningskomitee en die vorige…

  • April 2022

    ’n ANC ekonomiese beleidsdokument is gepubliseer wat nuwe voorstelle bevat oor grondhervorming, insluitend die skepping van ’n Landbou-ontwikkelingsagentskap wat die taak opgelê is om beleid en prosesse te skep wat grondskenkings aan swart boere fasiliteer, en die skep van aansporingsmeganismes – soos om SEB-herkenning moontlik te maak – vir boere wat grond skenk of ondersteuning…