Desember 2021

Die wysiging van artikel 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding van privaat eiendom toe te laat, is nie deur die Nasionale Vergadering goedgekeur nie. Die ANC het nie die vereiste tweederdemeerderheid behaal wat hul benodig het nie. 204 LP’s het ten gunste van die wetsontwerp gestem en 145 daarteen met geen persoon wat buite stemming gebly het nie. ’n Totale 267 stemme is benodig vir ’n tweederdemeerderheid.

Similar Posts

  • 4 Desember 2018

    Die Nasionale Vergadering het die Gesamentlike Konstitusionele Hersieningskomitee se verslag oor die hersiening van artikel 25 van die Grondwet aanvaar. 209 LP’’s het ten gunste daarvan gestem, 90 daarteen, met 0 wat buite stemming gebly het.   Post Views: 2,052

  • Desember 2021

    Minister van Justisie, Ronald Lamola, sê: “Om die Grondwet te verander was net een van die instrumente wat ons kon gebruik het. Die saak is nou klaar. Ons sal nou ons eie meerderheid gebruik om die wette goed te keur wat onteiening sonder vergoeding sal toelaat.” Post Views: 3,252

  • Julie 2019

    Die Nasionale Vergadering het ’n Ad hoc-komitee gestig kragtens Reël 253 om: (1) wetgewing in te stel en in te dien wat artikel 25 van die Grondwet wysig en (b) Te let op die werk wat gedoen is en aanbevelings wat gemaak is, soos vervat in die verslae van die Konstitusionele Hersieningskomitee en die vorige…

  • Julie 2018

    Die Gesamentlike Konstitusionele Hersieningskomitee het openbare verhore gehou in alle provinsies van Suid-Afrika. Die doel van hierdie uitgebreide verhore was om openbare insette te kry op die wysiging van artikel 25 van die Grondwet. Post Views: 1,367

  • Maart 2021

    Mondelinge voorleggings word ingedien by die Ad Hoc-komitee oor die wysiging van artikel 25, met betrekking tot die wysiging van artikel 25 van die Grondwet, asook aan die Parlementêre Portefeuljekomitee op Openbare Werke en Infrastruktuur rakende die Onteieningswetsontwerp B 23-2020. Post Views: 1,405