5 Desember 2018

Die Nasionale Raad van Provinsies het die Gesamentlike Konstitusionele Hersieningskomitee se verslag oor die hersiening van artikel 25 van die Grondwet aangeneem. Die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noord-Kaap en Noordwes het ten gunste daarvan gestem. Wes-Kaap het teen die verslag gestem.

Similar Posts

  • Januarie 2022

    President Ramaphosa meld dat die ANC beplan om voort te gaan met sy planne om grondonteiening sonder vergoeding in 2022 bekend te stel. Ramaphosa sê: “Die ANC sal sy besluit oor die onteiening van grond sonder vergoeding implementeer ten spyte van die weiering van ander partye in die Parlement.” Post Views: 2,894

  • Desember 2021

    Minister van Justisie, Ronald Lamola, sê: “Om die Grondwet te verander was net een van die instrumente wat ons kon gebruik het. Die saak is nou klaar. Ons sal nou ons eie meerderheid gebruik om die wette goed te keur wat onteiening sonder vergoeding sal toelaat.” Post Views: 2,854

  • Maart 2021

    Mondelinge voorleggings word ingedien by die Ad Hoc-komitee oor die wysiging van artikel 25, met betrekking tot die wysiging van artikel 25 van die Grondwet, asook aan die Parlementêre Portefeuljekomitee op Openbare Werke en Infrastruktuur rakende die Onteieningswetsontwerp B 23-2020. Post Views: 1,243

  • Augustus 2018

    ’n Interne besprekingsdokument van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming (DLOGH) is deur ’n agtenswaardige bron aan AfriForum verskaf. Die dokument bevat ’n lys van 139 eiendomme wat vir onteiening geoormerk is. Die openbaarmaking van die dokument is voorafgegaan deur bevestiging van Zizi Kodwa, Hoof van die Presidensie, asook ander lede van die ANC…

  • Oktober 2020

    Die Onteieningswetsontwerp van 2020 is gepubliseer, in die Staatskoerant geplaas en bekendgestel as deel van die parlementêre proses in die Nasionale Vergadering. Volgens die wetsontwerp is onteiening ’n “verpligte verkryging van eiendom deur ’n onteieningsowerheid” wat beteken enige staatsinstelling of -departement kan privaat eiendom onteien. Die wetsontwerp maak die onteiening van enige “eiendom” moontlik en…