Desember 2021

Minister van Justisie, Ronald Lamola, sê: “Om die Grondwet te verander was net een van die instrumente wat ons kon gebruik het. Die saak is nou klaar. Ons sal nou ons eie meerderheid gebruik om die wette goed te keur wat onteiening sonder vergoeding sal toelaat.”

Similar Posts

  • Januarie 2022

    President Ramaphosa meld dat die ANC beplan om voort te gaan met sy planne om grondonteiening sonder vergoeding in 2022 bekend te stel. Ramaphosa sê: “Die ANC sal sy besluit oor die onteiening van grond sonder vergoeding implementeer ten spyte van die weiering van ander partye in die Parlement.” Post Views: 3,271

  • 4 Desember 2018

    Die Nasionale Vergadering het die Gesamentlike Konstitusionele Hersieningskomitee se verslag oor die hersiening van artikel 25 van die Grondwet aanvaar. 209 LP’’s het ten gunste daarvan gestem, 90 daarteen, met 0 wat buite stemming gebly het.   Post Views: 2,070

  • Augustus 2018

    ’n Interne besprekingsdokument van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming (DLOGH) is deur ’n agtenswaardige bron aan AfriForum verskaf. Die dokument bevat ’n lys van 139 eiendomme wat vir onteiening geoormerk is. Die openbaarmaking van die dokument is voorafgegaan deur bevestiging van Zizi Kodwa, Hoof van die Presidensie, asook ander lede van die ANC…

  • Desember 2017

    Die regering gelei deur die ANC het by hul 54ste Nasionale Konferensie aangekondig dat hul sal poog om artikel 25 van die Grondwet van Suid-Afrika rakende eiendomsreg te wysig om grondonteiening sonder vergoeding te implementeer. Post Views: 1,951