Oktober 2020

Die Onteieningswetsontwerp van 2020 is gepubliseer, in die Staatskoerant geplaas en bekendgestel as deel van die parlementêre proses in die Nasionale Vergadering. Volgens die wetsontwerp is onteiening ’n “verpligte verkryging van eiendom deur ’n onteieningsowerheid” wat beteken enige staatsinstelling of -departement kan privaat eiendom onteien. Die wetsontwerp maak die onteiening van enige “eiendom” moontlik en is nie beperk tot grond wat alle roerende eiendom soos ’n persoon se besittings, en onroerende eiendom soos geboue, huise en infrastruktuur insluit. Hierdie wetsontwerp vloei nie uit die proses om artikel 25 van die Suid-Afrikaanse Grondwet te wysig om onteiening teen nul vergoeding moontlik te maak nie. Hierdie Onteieningswetsontwerp poog om ’n nuwe wyse te vind vir die staat om privaat eiendom te onteien binne die raamwerk van artikel 25 van die Grondwet.

Similar Posts