April 2022

’n ANC ekonomiese beleidsdokument is gepubliseer wat nuwe voorstelle bevat oor grondhervorming, insluitend die skepping van ’n Landbou-ontwikkelingsagentskap wat die taak opgelê is om beleid en prosesse te skep wat grondskenkings aan swart boere fasiliteer, en die skep van aansporingsmeganismes – soos om SEB-herkenning moontlik te maak – vir boere wat grond skenk of ondersteuning aan swart boere bied. Verder, sal die agentskap ’n Grondhervormingsfonds (wat deur die Landbank gehuisves sal word) bestuur, die vordering van grondtransaksies aanteken en moniteer en oor vennote vir swart boere adviseer.

Similar Posts

  • Desember 2021

    Minister van Justisie, Ronald Lamola, sê: “Om die Grondwet te verander was net een van die instrumente wat ons kon gebruik het. Die saak is nou klaar. Ons sal nou ons eie meerderheid gebruik om die wette goed te keur wat onteiening sonder vergoeding sal toelaat.” Post Views: 3,293

  • 5 Desember 2018

    Die Nasionale Raad van Provinsies het die Gesamentlike Konstitusionele Hersieningskomitee se verslag oor die hersiening van artikel 25 van die Grondwet aangeneem. Die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noord-Kaap en Noordwes het ten gunste daarvan gestem. Wes-Kaap het teen die verslag gestem. Post Views: 2,093

  • Oktober 2020

    Die Onteieningswetsontwerp van 2020 is gepubliseer, in die Staatskoerant geplaas en bekendgestel as deel van die parlementêre proses in die Nasionale Vergadering. Volgens die wetsontwerp is onteiening ’n “verpligte verkryging van eiendom deur ’n onteieningsowerheid” wat beteken enige staatsinstelling of -departement kan privaat eiendom onteien. Die wetsontwerp maak die onteiening van enige “eiendom” moontlik en…

  • Augustus 2018

    ’n Interne besprekingsdokument van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming (DLOGH) is deur ’n agtenswaardige bron aan AfriForum verskaf. Die dokument bevat ’n lys van 139 eiendomme wat vir onteiening geoormerk is. Die openbaarmaking van die dokument is voorafgegaan deur bevestiging van Zizi Kodwa, Hoof van die Presidensie, asook ander lede van die ANC…