Februarie 2021
Die Portefeuljekomitee op Openbare Werke en Infrastruktuur aanvaar skriftelike kommentaar oor die Onteieningswetsontwerp B 23-2020.
President Ramaphosa meld dat die ANC beplan om voort te gaan met sy planne om grondonteiening sonder vergoeding in 2022 bekend te stel. Ramaphosa sê: “Die ANC sal sy besluit oor die onteiening van grond sonder vergoeding implementeer ten spyte van die weiering van ander partye in die Parlement.” Post Views: 2,166
Die Nasionale Vergadering het die verslag van die Ad Hoc-komitee goedgekeur en het besluit dat hulle nie hulle werk in hierdie termyn van die Parlement kan afsluit nie. Hul het voorgestel dat die sesde Parlement die taak opgelê word om die wysiging van artikel 25 van die Grondwet te finaliseer. 210 LP’s het ten gunste…
Die Nasionale Vergadering het ’n Ad Hoc-komitee gestig kragtens Reël 253 om wetgewing in te stel en in te dien wat artikel 25 van die Grondwet wysig. Post Views: 879
Die Nasionale Vergadering het ’n Ad hoc-komitee gestig kragtens Reël 253 om: (1) wetgewing in te stel en in te dien wat artikel 25 van die Grondwet wysig en (b) Te let op die werk wat gedoen is en aanbevelings wat gemaak is, soos vervat in die verslae van die Konstitusionele Hersieningskomitee en die vorige…
Die Gesamentlike Konstitusionele Hersieningskomitee het openbare verhore gehou in alle provinsies van Suid-Afrika. Die doel van hierdie uitgebreide verhore was om openbare insette te kry op die wysiging van artikel 25 van die Grondwet. Post Views: 1,013
Die Onteieningswetsontwerp van 2020 is gepubliseer, in die Staatskoerant geplaas en bekendgestel as deel van die parlementêre proses in die Nasionale Vergadering. Volgens die wetsontwerp is onteiening ’n “verpligte verkryging van eiendom deur ’n onteieningsowerheid” wat beteken enige staatsinstelling of -departement kan privaat eiendom onteien. Die wetsontwerp maak die onteiening van enige “eiendom” moontlik en…