Minister moet duidelikheid gee oor plaasonteieningslys
Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n beroep gedoen op Maite Nkoana-Mashabane, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, om uitsluitsel te gee oor die lys van plase wat die departement vir onteiening sonder vergoeding sal teiken. Dit volg nadat AfriForum gister ’n lys gepubliseer het wat tans onder die opskrif Expropriation Test Cases in dié departement gesirkuleer…