AfriForum beplan verskeie regsaksies teen onteiening sonder vergoeding

AfriForum beplan verskeie regsaksies teen onteiening sonder vergoeding

AfriForum het vandag, met die indiening van sy kommentaar op die voorgestelde beleid oor die keuring van begunstigdes en grondtoekenning, beklemtoon dat dié burgerregte-organisasie van voorneme is om verskeie regsaksies teen onteiening sonder vergoeding van stapel te stuur indien dit nodig sou wees. In die regsmening wat AfriForum vandag by die direkteur-generaal van landelike ontwikkeling…

|

AfriForum begin veldtog teen onteieningswetsontwerp

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n veldtog van stapel gestuur waarvolgens die publiek betrek word om standpunt teen die konsepwetsontwerp op onteiening in te neem. Dit volg nadat Thulas Nxesi, minister van openbare werke, op 21 Desember 2018 dié konsepwetsontwerp in die Staatskoerant gepubliseer het en ingevolge wetgewing die publiek genooi het om binne sestig dae daarop…

|

Stop onteiening sonder vergoeding!

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.22″][et_pb_row _builder_version=”3.25″ background_size=”initial” background_position=”top_left” background_repeat=”repeat”][et_pb_column type=”4_4″ _builder_version=”3.25″ custom_padding=”|||” custom_padding__hover=”|||”][et_pb_text admin_label=”Text” _builder_version=”4.9.1″ hover_enabled=”0″ sticky_enabled=”0″] Die ANC volhard steeds in sy poging om die Grondwet te wysig om hulself in staat te stel om enige eiendom sonder vergoeding te kan onteien. Die parlementêre ad hoc-komitee oor die wysiging van artikel 25 van die Grondwet om…

|

AfriForum stuur plaasaanvalslagoffers na VSA ná bedrieglike Ramaphosa-uitlating

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag aangekondig dat hy slagoffers wie se geliefdes tydens plaasaanvalle vermoor is na die VSA sal stuur in ’n volgende fase van AfriForum se bewusmakingsveldtog teen plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding. Die organisasie is ook van voorneme om ’n bekendstelling van die boek Kill the Boer* deur Ernst Roets, adjunk- uitvoerende…

|

COPE, AfriForum oorhandig memorandum aan VSA-ambassade; versoek VSA om druk toe te pas om Grondwet, eiendomsreg en 1994-skikking te beskerm

COPE en AfriForum het vandag ’n gesamentlike memorandum aan die VSA-ambassade in Suid-Afrika oorhandig waarin die VSA amptelik versoek word om druk op die Suid-Afrikaanse regering toe te pas om die Grondwet, eiendomsreg en die 1994-skikking te beskerm. Dié memorandum is vandag oorhandig tydens ’n vergadering wat Mosiuoa Lekota, COPE-leier, en Kallie Kriel, uitvoerende hoof…

|

Eiendomsreghofuitspraak: “Dis nie einde, maar begin van stryd,” sê AfriForum

Die hoë hof in Kaapstad se beslissing dat AfriForum se hofaansoek ter hersiening van die verslag van die parlement se grondwetlike hersieningskomitee – wat aanbeveel dat die Grondwet gewysig moet word om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak – nie dringend is nie, is volgens AfriForum nie die einde van die organisasie se stryd ter…

|

AfriForum verwelkom Konstitusionele Hof se uitspraak dat Zuma onregmatig opgetree het deur mee te doen aan opskorting van SAOG-tribunaal

Die Konstitusionele Hof het vandag in ʼn groep Zimbabwiese boere wat deur AfriForum bygestaan is, se guns beslis dat oudpresident Jacob Zuma onregmatig en onkonstitusioneel opgetree het toe hy saam met ander leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) meegedoen het aan die opskorting en ontbinding van die SAOG-tribunaal se werksaamhede. Zuma se onregmatige optrede het…

End of content

End of content