Maart 2019

Die Nasionale Vergadering het die verslag van die Ad Hoc-komitee goedgekeur en het besluit dat hulle nie hulle werk in hierdie termyn van die Parlement kan afsluit nie. Hul het voorgestel dat die sesde Parlement die taak opgelê word om die wysiging van artikel 25 van die Grondwet te finaliseer. 210 LP’s het ten gunste van die verslag gestem, 61 daarteen, met 0 wat buite stemming gebly het.  

Similar Posts

  • 5 Desember 2018

    Die Nasionale Raad van Provinsies het die Gesamentlike Konstitusionele Hersieningskomitee se verslag oor die hersiening van artikel 25 van die Grondwet aangeneem. Die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noord-Kaap en Noordwes het ten gunste daarvan gestem. Wes-Kaap het teen die verslag gestem. Post Views: 2,092

  • Maart 2021

    Mondelinge voorleggings word ingedien by die Ad Hoc-komitee oor die wysiging van artikel 25, met betrekking tot die wysiging van artikel 25 van die Grondwet, asook aan die Parlementêre Portefeuljekomitee op Openbare Werke en Infrastruktuur rakende die Onteieningswetsontwerp B 23-2020. Post Views: 1,424

  • Julie 2018

    Die Gesamentlike Konstitusionele Hersieningskomitee het openbare verhore gehou in alle provinsies van Suid-Afrika. Die doel van hierdie uitgebreide verhore was om openbare insette te kry op die wysiging van artikel 25 van die Grondwet. Post Views: 1,389