6 Desember 2018
Die Nasionale Vergadering het ’n Ad Hoc-komitee gestig kragtens Reël 253 om wetgewing in te stel en in te dien wat artikel 25 van die Grondwet wysig.
Die Nasionale Vergadering het die verslag van die Ad Hoc-komitee goedgekeur en het besluit dat hulle nie hulle werk in hierdie termyn van die Parlement kan afsluit nie. Hul het voorgestel dat die sesde Parlement die taak opgelê word om die wysiging van artikel 25 van die Grondwet te finaliseer. 210 LP’s het ten gunste…
Die Parlement van Suid-Afrika het ’n mosie goedgekeur om die eiendomsregklousule van die Grondwet te hersien om onteiening van grond sonder vergoeding in aanmerking te neem. Post Views: 668
Minister van Justisie, Ronald Lamola, sê: “Om die Grondwet te verander was net een van die instrumente wat ons kon gebruik het. Die saak is nou klaar. Ons sal nou ons eie meerderheid gebruik om die wette goed te keur wat onteiening sonder vergoeding sal toelaat.” Post Views: 1,701
Die Ad Hoc-komitee sal wetgewing instel en indien wat artikel 25 van die Grondwet wysig ten einde voorsiening te maak vir die onteiening van grond sonder vergoeding. Post Views: 820
Die Onteieningswetsontwerp van 2020 is gepubliseer, in die Staatskoerant geplaas en bekendgestel as deel van die parlementêre proses in die Nasionale Vergadering. Volgens die wetsontwerp is onteiening ’n “verpligte verkryging van eiendom deur ’n onteieningsowerheid” wat beteken enige staatsinstelling of -departement kan privaat eiendom onteien. Die wetsontwerp maak die onteiening van enige “eiendom” moontlik en…
Die Nasionale Vergadering het die Gesamentlike Konstitusionele Hersieningskomitee se verslag oor die hersiening van artikel 25 van die Grondwet aanvaar. 209 LP’’s het ten gunste daarvan gestem, 90 daarteen, met 0 wat buite stemming gebly het. Post Views: 1,567