April 2022

’n ANC ekonomiese beleidsdokument is gepubliseer wat nuwe voorstelle bevat oor grondhervorming, insluitend die skepping van ’n Landbou-ontwikkelingsagentskap wat die taak opgelê is om beleid en prosesse te skep wat grondskenkings aan swart boere fasiliteer, en die skep van aansporingsmeganismes – soos om SEB-herkenning moontlik te maak – vir boere wat grond skenk of ondersteuning aan swart boere bied. Verder, sal die agentskap ’n Grondhervormingsfonds (wat deur die Landbank gehuisves sal word) bestuur, die vordering van grondtransaksies aanteken en moniteer en oor vennote vir swart boere adviseer.

Similar Posts

  • Desember 2017

    Die regering gelei deur die ANC het by hul 54ste Nasionale Konferensie aangekondig dat hul sal poog om artikel 25 van die Grondwet van Suid-Afrika rakende eiendomsreg te wysig om grondonteiening sonder vergoeding te implementeer. Post Views: 1,878

  • Januarie 2022

    President Ramaphosa meld dat die ANC beplan om voort te gaan met sy planne om grondonteiening sonder vergoeding in 2022 bekend te stel. Ramaphosa sê: “Die ANC sal sy besluit oor die onteiening van grond sonder vergoeding implementeer ten spyte van die weiering van ander partye in die Parlement.” Post Views: 3,147

  • Maart 2019

    Die Nasionale Vergadering het die verslag van die Ad Hoc-komitee goedgekeur en het besluit dat hulle nie hulle werk in hierdie termyn van die Parlement kan afsluit nie. Hul het voorgestel dat die sesde Parlement die taak opgelê word om die wysiging van artikel 25 van die Grondwet te finaliseer. 210 LP’s het ten gunste…

  • Desember 2021

    Die wysiging van artikel 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding van privaat eiendom toe te laat, is nie deur die Nasionale Vergadering goedgekeur nie. Die ANC het nie die vereiste tweederdemeerderheid behaal wat hul benodig het nie. 204 LP’s het ten gunste van die wetsontwerp gestem en 145 daarteen met geen persoon wat…