|

AfriForum kap Sisulu met feite ná beskuldigings van leuens

Terwyl Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, en haar departement AfriForum verlede week daarvan beskuldig het dat die organisasie vals inligting versprei en internasionaal paniek saai, is feite vandag op ’n nuuskonferensie voorgehou oor wat die ware toedrag van sake in die land is. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, die organisasie se…

|

AfriForum se reaksie op Ramaphosa-standpunt rakende mobilisering van buitelandse steun

AfriForum sê in reaksie op president Ramaphosa se stelling dat diegene wat die internasionale gemeenskap teen die “land” mobiliseer, “huis toe moet kom vir gesprekvoering”, dat die president nie Suid-Afrika se belange en die ANC se beleidsrigtings met mekaar moet verwar nie. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is dié organisasie tans in die…

|

AfriForum gaan na parlement om wysiging van Grondwet teen te staan

AfriForum gaan eerskomende Dinsdag ’n voorlegging by die parlement se grondwetlike hersieningskomitee indien wat vroeër die mandaat gegee is om te ondersoek of die Grondwet gewysig moet word om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Die burgerregte-organisasie wat meer as 200 000 Suid-Afrikaners verteenwoordig, se fokus is op die beskerming van minderheidsregte. Die organisasie beklemtoon…

|

Malema hits grondbesetting aan ondanks hofverskyning

Julius Malema, leier van die EFF, het vandeesweek te midde van sy hofverskyning in Newcastle voortgegaan om ondersteuners buite die hof aan te moedig om grond te beset. Malema het op aanklagte van die oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste van 1956 verskyn. Dit spruit uit ’n voorval waar hy ondersteuners aangehits het om…

|

Ramaphosa moet IMF-waarskuwing oor eiendomsreg ernstig opneem

Die burgerregte-organisasie AfriForum meen dat pres. Cyril Ramaphosa, die regering en die regerende ANC ernstige nabetragting moet doen oor hul beleidsposisies met betrekking tot die onteiening van privaat eiendom, veral in die lig van die waarskuwing wat die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) gister in hierdie verband uitgereik het. Die IMF het verklaar dat hy optimisties…

Minister moet duidelikheid gee oor plaasonteieningslys
|

Minister moet duidelikheid gee oor plaasonteieningslys

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n beroep gedoen op Maite Nkoana-Mashabane, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, om uitsluitsel te gee oor die lys van plase wat die departement vir onteiening sonder vergoeding sal teiken. Dit volg nadat AfriForum gister ’n lys gepubliseer het wat tans onder die opskrif Expropriation Test Cases in dié departement gesirkuleer…

|

Blootgelegde onteieningslys: AfriForum, TLU SA en Sakeliga gaan gesamentlike regstrategie ter beskerming van eiendomsreg ontwikkel

AfriForum, die landbou-unie TLU SA en die sake-organisasie Sakeliga het besluit om kragte saam te snoer en ’n gesamentlike regstrategie te ontwikkel om die regering se voorgenome planne om eiendom sonder vergoeding te onteien, teen te staan. Dié besluit volg nadat ’n interne besprekingsdokument van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming (DRDLR), wat ’n…

Buiteland neem toenemend standpunt in teen onteiening sonder vergoeding
|

Buiteland neem toenemend standpunt in teen onteiening sonder vergoeding

AfriForum verwelkom die feit dat die wetgewende raad van Nieu-Suid-Wallis in Australië gister ’n mosie aanvaar het wat onteiening sonder billike vergoeding (OSV) ten sterkste veroordeel. Dié mosie lees onder meer dat die raad sterk veroordeling uitspreek teen a) enige oproep vir die moord op, marginalisering, vervolging, viktimisering of teikening van enige rassegroep in Suid-Afrika…

AfriForum sit internasionale veldtog teen onteiening sonder vergoeding voort met oorhandigings aan diplomatieke missies in Suid-Afrika
|

AfriForum sit internasionale veldtog teen onteiening sonder vergoeding voort met oorhandigings aan diplomatieke missies in Suid-Afrika

AfriForum het vandag inligting oor grondhervorming in Suid-Afrika en die burgerregte-organisasie se kommer oor die regering se voorneme om onteiening sonder vergoeding te wettig, aan verskeie ambassades en hoëkommissariate in Suid-Afrika oorhandig. Daarmee word die betrokke lande se steun teen sodanige onteieningsprosesse gevra. Die meer as 50 diplomatieke missies wat gekontak of besoek is, sluit…

End of content

End of content