|

Blootgelegde onteieningslys: AfriForum, TLU SA en Sakeliga gaan gesamentlike regstrategie ter beskerming van eiendomsreg ontwikkel

AfriForum, die landbou-unie TLU SA en die sake-organisasie Sakeliga het besluit om kragte saam te snoer en ’n gesamentlike regstrategie te ontwikkel om die regering se voorgenome planne om eiendom sonder vergoeding te onteien, teen te staan. Dié besluit volg nadat ’n interne besprekingsdokument van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming (DRDLR), wat ’n…

Buiteland neem toenemend standpunt in teen onteiening sonder vergoeding
|

Buiteland neem toenemend standpunt in teen onteiening sonder vergoeding

AfriForum verwelkom die feit dat die wetgewende raad van Nieu-Suid-Wallis in Australië gister ’n mosie aanvaar het wat onteiening sonder billike vergoeding (OSV) ten sterkste veroordeel. Dié mosie lees onder meer dat die raad sterk veroordeling uitspreek teen a) enige oproep vir die moord op, marginalisering, vervolging, viktimisering of teikening van enige rassegroep in Suid-Afrika…

AfriForum sit internasionale veldtog teen onteiening sonder vergoeding voort met oorhandigings aan diplomatieke missies in Suid-Afrika
|

AfriForum sit internasionale veldtog teen onteiening sonder vergoeding voort met oorhandigings aan diplomatieke missies in Suid-Afrika

AfriForum het vandag inligting oor grondhervorming in Suid-Afrika en die burgerregte-organisasie se kommer oor die regering se voorneme om onteiening sonder vergoeding te wettig, aan verskeie ambassades en hoëkommissariate in Suid-Afrika oorhandig. Daarmee word die betrokke lande se steun teen sodanige onteieningsprosesse gevra. Die meer as 50 diplomatieke missies wat gekontak of besoek is, sluit…

Plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding in die kollig op Fox News
|

Plaasmoorde en onteiening sonder vergoeding in die kollig op Fox News

Fox News, die grootste televisienuuskanaal in die VSA, het gisteraand ’n onderhoud met Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, uitgesaai waarin plaasmoorde en die Suid-Afrikaanse regering se plan met betrekking tot onteiening sonder vergoeding in die kollig geplaas is. Op die program Tucker Carlson Tonight, wat in spitstyd in die VSA uitgesaai is, het…

AfriForum sê feite toon dat die miskenning van eiendomsreg en plaasmoorde wel ‘n ernstige bedreiging in Suid-Afrika is
|

AfriForum sê feite toon dat die miskenning van eiendomsreg en plaasmoorde wel ‘n ernstige bedreiging in Suid-Afrika is

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria aangevoer dat die inligting wat dié organisasie tans in die internasionale gemeenskap rakende onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde versprei, gegrond is op feite wat bevestig dat daar wél ‘n ernstige bedreiging van eiendomsreg en menselewens in Suid-Afrika bestaan. Hierdie bedreiging geld veral vir minderheidsgemeenskappe in die algemeen en…

|

Die boer is die plaas

Die hoë verwagtings wat die parlementêre besluit van die ANC en EFF oor konfiskering van grond geskep het, het ’n ruimte geskep vir die politieke opsweping van arm mense om grond onwettig te beset. Die EFF misbruik hierdie verwagtings deur die afvat van grond voor te hou as ’n kitsoplossing vir arm mense se probleme,…

AfriForum se reaksie op Ramaphosa-standpunt rakende mobilisering van buitelandse steun
|

AfriForum se reaksie op Ramaphosa-standpunt rakende mobilisering van buitelandse steun

AfriForum sê in reaksie op president Ramaphosa se stelling dat diegene wat die internasionale gemeenskap teen die “land” mobiliseer, “huis toe moet kom vir gesprekvoering”, dat die president nie Suid-Afrika se belange en die ANC se beleidsrigtings met mekaar moet verwar nie. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is dié organisasie tans in die…

Dawie Roodt praat by AfriForum se George-tak
|

Dawie Roodt praat by AfriForum se George-tak

Die burgerregte-organisasie AfriForum se George-tak het op 13 Junie 2018 ’n praatjie deur Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group, in die N.G. Kerk George-Suid se kerksaal aangebied. Die praatjie is deur ongeveer 200 lede van die publiek bygewoon. Dawie Roodt het oor hindernisse en geleenthede in die Suid-Afrikaanse ekonomie gesels, asook onderwerpe soos grondonteiening,…

Blitsgids teen grondbesetting word bekendgestel
|

Blitsgids teen grondbesetting word bekendgestel

AfriForum en Afrisake het vandag in Pretoria ’n handleiding oor grondbesetting bekend gestel. Die burgerregte-organisasie het tydens die konferensie beklemtoon dat gemeenskappe hul eiendom self moet beskerm en nie op die staat moet staatmaak nie. Dié stelling word versterk deur veranderende wetsontwerpe oor grondonteiening en ook deur uitsprake van die regering wat al meer ’n…

End of content

End of content