Februarie 2018
Die Parlement van Suid-Afrika het ’n mosie goedgekeur om die eiendomsregklousule van die Grondwet te hersien om onteiening van grond sonder vergoeding in aanmerking te neem.
Die Ad Hoc-komitee sal wetgewing instel en indien wat artikel 25 van die Grondwet wysig ten einde voorsiening te maak vir die onteiening van grond sonder vergoeding. Post Views: 1,472
Die Portefeuljekomitee op Openbare Werke en Infrastruktuur aanvaar skriftelike kommentaar oor die Onteieningswetsontwerp B 23-2020. Post Views: 1,432
Die regering gelei deur die ANC het by hul 54ste Nasionale Konferensie aangekondig dat hul sal poog om artikel 25 van die Grondwet van Suid-Afrika rakende eiendomsreg te wysig om grondonteiening sonder vergoeding te implementeer. Post Views: 2,001
Die Nasionale Vergadering het die verslag van die Ad Hoc-komitee goedgekeur en het besluit dat hulle nie hulle werk in hierdie termyn van die Parlement kan afsluit nie. Hul het voorgestel dat die sesde Parlement die taak opgelê word om die wysiging van artikel 25 van die Grondwet te finaliseer. 210 LP’s het ten gunste…
Die Onteieningswetsontwerp van 2020 is gepubliseer, in die Staatskoerant geplaas en bekendgestel as deel van die parlementêre proses in die Nasionale Vergadering. Volgens die wetsontwerp is onteiening ’n “verpligte verkryging van eiendom deur ’n onteieningsowerheid” wat beteken enige staatsinstelling of -departement kan privaat eiendom onteien. Die wetsontwerp maak die onteiening van enige “eiendom” moontlik en…
Die Gesamentlike Konstitusionele Hersieningskomitee het openbare verhore gehou in alle provinsies van Suid-Afrika. Die doel van hierdie uitgebreide verhore was om openbare insette te kry op die wysiging van artikel 25 van die Grondwet. Post Views: 1,426