Oktober 2020

Die Onteieningswetsontwerp van 2020 is gepubliseer, in die Staatskoerant geplaas en bekendgestel as deel van die parlementêre proses in die Nasionale Vergadering. Volgens die wetsontwerp is onteiening ’n “verpligte verkryging van eiendom deur ’n onteieningsowerheid” wat beteken enige staatsinstelling of -departement kan privaat eiendom onteien. Die wetsontwerp maak die onteiening van enige “eiendom” moontlik en is nie beperk tot grond wat alle roerende eiendom soos ’n persoon se besittings, en onroerende eiendom soos geboue, huise en infrastruktuur insluit. Hierdie wetsontwerp vloei nie uit die proses om artikel 25 van die Suid-Afrikaanse Grondwet te wysig om onteiening teen nul vergoeding moontlik te maak nie. Hierdie Onteieningswetsontwerp poog om ’n nuwe wyse te vind vir die staat om privaat eiendom te onteien binne die raamwerk van artikel 25 van die Grondwet.

Similar Posts

  • 4 Desember 2018

    Die Nasionale Vergadering het die Gesamentlike Konstitusionele Hersieningskomitee se verslag oor die hersiening van artikel 25 van die Grondwet aanvaar. 209 LP’’s het ten gunste daarvan gestem, 90 daarteen, met 0 wat buite stemming gebly het.   Post Views: 1,941

  • Desember 2021

    Die wysiging van artikel 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding van privaat eiendom toe te laat, is nie deur die Nasionale Vergadering goedgekeur nie. Die ANC het nie die vereiste tweederdemeerderheid behaal wat hul benodig het nie. 204 LP’s het ten gunste van die wetsontwerp gestem en 145 daarteen met geen persoon wat…

  • 5 Desember 2018

    Die Nasionale Raad van Provinsies het die Gesamentlike Konstitusionele Hersieningskomitee se verslag oor die hersiening van artikel 25 van die Grondwet aangeneem. Die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noord-Kaap en Noordwes het ten gunste daarvan gestem. Wes-Kaap het teen die verslag gestem. Post Views: 1,922

  • Maart 2019

    Die Nasionale Vergadering het die verslag van die Ad Hoc-komitee goedgekeur en het besluit dat hulle nie hulle werk in hierdie termyn van die Parlement kan afsluit nie. Hul het voorgestel dat die sesde Parlement die taak opgelê word om die wysiging van artikel 25 van die Grondwet te finaliseer. 210 LP’s het ten gunste…

  • Maart 2021

    Mondelinge voorleggings word ingedien by die Ad Hoc-komitee oor die wysiging van artikel 25, met betrekking tot die wysiging van artikel 25 van die Grondwet, asook aan die Parlementêre Portefeuljekomitee op Openbare Werke en Infrastruktuur rakende die Onteieningswetsontwerp B 23-2020. Post Views: 1,266