Julie 2019

Die Nasionale Vergadering het ’n Ad hoc-komitee gestig kragtens Reël 253 om: (1) wetgewing in te stel en in te dien wat artikel 25 van die Grondwet wysig en (b) Te let op die werk wat gedoen is en aanbevelings wat gemaak is, soos vervat in die verslae van die Konstitusionele Hersieningskomitee en die vorige…

Maart 2019

Die Nasionale Vergadering het die verslag van die Ad Hoc-komitee goedgekeur en het besluit dat hulle nie hulle werk in hierdie termyn van die Parlement kan afsluit nie. Hul het voorgestel dat die sesde Parlement die taak opgelê word om die wysiging van artikel 25 van die Grondwet te finaliseer. 210 LP’s het ten gunste…

5 Desember 2018

Die Nasionale Raad van Provinsies het die Gesamentlike Konstitusionele Hersieningskomitee se verslag oor die hersiening van artikel 25 van die Grondwet aangeneem. Die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noord-Kaap en Noordwes het ten gunste daarvan gestem. Wes-Kaap het teen die verslag gestem.

4 Desember 2018

Die Nasionale Vergadering het die Gesamentlike Konstitusionele Hersieningskomitee se verslag oor die hersiening van artikel 25 van die Grondwet aanvaar. 209 LP’’s het ten gunste daarvan gestem, 90 daarteen, met 0 wat buite stemming gebly het.  

Augustus 2018

’n Interne besprekingsdokument van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming (DLOGH) is deur ’n agtenswaardige bron aan AfriForum verskaf. Die dokument bevat ’n lys van 139 eiendomme wat vir onteiening geoormerk is. Die openbaarmaking van die dokument is voorafgegaan deur bevestiging van Zizi Kodwa, Hoof van die Presidensie, asook ander lede van die ANC…

Julie 2018

Die Gesamentlike Konstitusionele Hersieningskomitee het openbare verhore gehou in alle provinsies van Suid-Afrika. Die doel van hierdie uitgebreide verhore was om openbare insette te kry op die wysiging van artikel 25 van die Grondwet.

Desember 2017

Die regering gelei deur die ANC het by hul 54ste Nasionale Konferensie aangekondig dat hul sal poog om artikel 25 van die Grondwet van Suid-Afrika rakende eiendomsreg te wysig om grondonteiening sonder vergoeding te implementeer.

End of content

End of content