|

AfriForum verskerp internasionale veldtog ten spyte van Sisulu-kritiek

AfriForum sit sy veldtog voort om internasionale regerings in te lig oor die eiendomsbedreiging en plaasmoorde in Suid-Afrika, ondanks die kritiek wat Lindiwe Sisulu, die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, teenoor dié organisasie uitgespreek het. AfriForum het Sisulu se bewerings dat die burgerregte-organisasie verkeerde inligting versprei en paniek saai, verwerp. Volgens Alana Bailey, adjunk…

|

AfriForum sê feite toon dat die miskenning van eiendomsreg en plaasmoorde wel ‘n ernstige bedreiging in Suid-Afrika is

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag tydens ‘n mediakonferensie in Pretoria aangevoer dat die inligting wat dié organisasie tans in die internasionale gemeenskap rakende onteiening sonder vergoeding en plaasmoorde versprei, gegrond is op feite wat bevestig dat daar wél ‘n ernstige bedreiging van eiendomsreg en menselewens in Suid-Afrika bestaan. Hierdie bedreiging geld veral vir minderheidsgemeenskappe in die algemeen en…

|

AfriForum kap Sisulu met feite ná beskuldigings van leuens

Terwyl Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, en haar departement AfriForum verlede week daarvan beskuldig het dat die organisasie vals inligting versprei en internasionaal paniek saai, is feite vandag op ’n nuuskonferensie voorgehou oor wat die ware toedrag van sake in die land is. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, die organisasie se…

|

AfriForum se reaksie op Ramaphosa-standpunt rakende mobilisering van buitelandse steun

AfriForum sê in reaksie op president Ramaphosa se stelling dat diegene wat die internasionale gemeenskap teen die “land” mobiliseer, “huis toe moet kom vir gesprekvoering”, dat die president nie Suid-Afrika se belange en die ANC se beleidsrigtings met mekaar moet verwar nie. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is dié organisasie tans in die…

|

AfriForum gaan na parlement om wysiging van Grondwet teen te staan

AfriForum gaan eerskomende Dinsdag ’n voorlegging by die parlement se grondwetlike hersieningskomitee indien wat vroeër die mandaat gegee is om te ondersoek of die Grondwet gewysig moet word om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Die burgerregte-organisasie wat meer as 200 000 Suid-Afrikaners verteenwoordig, se fokus is op die beskerming van minderheidsregte. Die organisasie beklemtoon…

|

Onteiening sonder vergoeding: AfriForum versoek internasionale beleggers in videoboodskap om druk op SA-regering te plaas

  Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag begin om ’n videoboodskap wyd onder internasionale beleggers, graderingsagentskappe en regerings te versprei. In dié video versoek AfriForum beleggers om druk op die Suid-Afrikaanse regering en president Cyril Ramaphosa te plaas om van hul planne af te sien om eiendom sonder vergoeding te onteien. Dié videoboodskap is vanoggend vervaardig…

AfriForum publiseer lys van plase wat vir onteiening geteiken word
|

AfriForum publiseer lys van plase wat vir onteiening geteiken word

AfriForum het vandag die lys van plase op sy webblad bekend gemaak wat klaarblyklik deur die regering geïdentifiseer is om in die komende weke sonder vergoeding onteien te word. Dít volg nadat die regerende ANC in die afgelope week gesê het dat die party 139 plase vir hierdie doel geïdentifiseer het. Die lys van plase…

Minister moet duidelikheid gee oor plaasonteieningslys
|

Minister moet duidelikheid gee oor plaasonteieningslys

Die burgerregte-organisasie AfriForum het ’n beroep gedoen op Maite Nkoana-Mashabane, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, om uitsluitsel te gee oor die lys van plase wat die departement vir onteiening sonder vergoeding sal teiken. Dit volg nadat AfriForum gister ’n lys gepubliseer het wat tans onder die opskrif Expropriation Test Cases in dié departement gesirkuleer…

|

Blootgelegde onteieningslys: AfriForum, TLU SA en Sakeliga gaan gesamentlike regstrategie ter beskerming van eiendomsreg ontwikkel

AfriForum, die landbou-unie TLU SA en die sake-organisasie Sakeliga het besluit om kragte saam te snoer en ’n gesamentlike regstrategie te ontwikkel om die regering se voorgenome planne om eiendom sonder vergoeding te onteien, teen te staan. Dié besluit volg nadat ’n interne besprekingsdokument van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming (DRDLR), wat ’n…

End of content

End of content